This event is over.

Sing Hoop Weerklink

Organized by Solidariteit Helpende Hand
Visit Website

Solidariteit Helpende Hand bied met trots ons eerste SING, HOOP, WEERKLINK-konsert, ten bate van persone met gestremdhede, aan. Hierdie konsert is eie in sy soort en beloof om 'n wonderlike geleentheid vir die publiek te wees. Dit word op 30 November 2021 by die Voortrekkermonument in Pretoria aangebied.

Die Solidariteit Helpende Hand-familie glo daarin om deur maatskaplikgebaseerde gemeenskapsontwikkeling na die holistiese welstand van ons mense om te sien. Dit word moontlik gemaak deur sterk strukture wat volhoubare projekte en oplossings aan ons kleuters, gesinne, bejaardes en persone met gestremdhede bied.

Hierdie konsert is 'n hoopsaaikonsert; dis 'n simboliese tree van hoop wat persone met gestremdhede vat en hardop sê: “SING, HOOP, WEERKLINK – as ek kan, kan jy”. Kom ons saai hoop.

Kunstenaars soos Demi Lee Moore, Mathys Roets, Ricus Nel en Vernon Barnard gaan by die geleentheid optree. 'n Paralimpiese atleet gaan ook 'n getuienis en boodskap van hoop deel. Solidariteit Helpende Hand sal by die geleentheid Drihan du Plessis se lied “SING, HOOP, WEERKLINK” bekendstel.

Kunstenaars:

Demi Lee Moore

Drihan du Plessis

Mathys Roets

Ricus Nel

Vernon Barnard

Daar is smul lekker kosstalletjies.
Bring R20 vir parkering