This event is over.

Kierang & Katryn

Organized by Atterbury Theatre
Kierang en Katryn

Kierang geniet dit om ongehoorsame kinders in die moeilikheid te laat beland. Katryn luister na Kierang se raad en dit veroorsaak dat haar speelgoed wegloop speelgoedland toe. Hulle beland in Wriemelwoud waar baie gevare skuil en ontmoet die Wriemels en die Spinnejafels. Teddie se soettand pla en laat beland hom in die sop. Wie gaan hom red? Dalk Peanut of Smartie, die twee hondjies, of die gawe Chakkalakkies? Gaan Katryn haar speelgoed ooit weer kry en dalk ‘n gehoorsame dogtertjie word?