This event is over.

Mix & Fix Hoërskoolkamp (Leerlinge tans in die Hoërskool)

For more information
Visit Website
Organized by Gretha Wiid
Visit Website
Roete-aanwysing

Die GPS koordinate neem jou tot by die Eksderde grondpad, volg die aanwysingsborde van daar af.
Indien julle sukkel met die aanwysings, skakel gerus Eksderde direk by 079 209 9229.

Grade - Minute - Sekondes
S 25° 32' 18"
E 28° 26' 43"

Eksderde Manne en Vrouekampe se Kampgrond is ongeveer 30 km noord-oos van Pretoria.

Vanaf Johannesburg:
- Ry Noord op die N1 Polokwane snelweg, gaan verby Pretoria en neem die Zambesi/Cullinan-afrit (Sefako Makgatho).
- Draai regs by die robot net na die tolhek en ry met Zambesiweg onderdeur die snelweg en draai links by die 2de robot (dis slegs 800m vanaf die snelweg en daar is n groot mall). Die roetebord lees: R573 Kwa-Mhlanga links. Draai dan links met die glybaan op die Kwa-Mhlanga pad (ou Moloto pad) wat verby die Roodeplaatdam gaan.
- Ry van daardie robot 25km tot waar jy bruin Eksderde Lodges bord kry wat links wys, daar is ook n groot groen bord wat Cullinan na regs wys, net verby daardie bord is 'n grondpad wat LINKS draai na die Eksderde Kampterrein.
- Daar is ook 'n Eksderde bord met rooi letters hoog aan 'n kragpaal vas, volg die Eksderde bordjies vir ongeveer 5km tot by Eksderde kampterrein

Slaapgeriewe

Seuns en dogters slaap apart. Kamergroottes verskil. Sommige kamers slaap 4, ander tot 20. Kinders kies egter self waar hulle wil slaap by aankoms. Ouers kan dus inspraak lewer. Daar is volwasse toesig tydens die kamp. Registrasie begin Woensdag 30 November vanaf 16:00 tot 18:00 en die kamp eindig Vrydag 2 Desember om 12:00.