This event is over.

Moreletapark Vrouekonferensie: Carry His Name

“Carry His Nameâ€


Omstandighede, gebeure, die sonde van ander, ons eie sonde – alles dinge wat etikette op ons plak. Ons kyk as gevolg van hierdie etikette op sekere maniere na goed, en meer nog ánder kyk op sekere maniere na óns.


Ananias is in Handelinge 9 nie juis geneë om na Saulus in Reguitstraat te gaan in opdrag van God nie – hy kén vir Saulus. Maar, het die Here aangedring, ék het juis vir hóm geroep om my Naam te dra.


Toe Jesus 2 000 jaar gelede sy arms aan die kruis vir ons opgemaak het, het Hy ons nie alleen geroep om sy Naam te dra nie – Hy het dit ook moontlik gemaak vir ons om in Sy opstandingskrag bo omstandighede en etikette uit te styg, en Sy Naam met vreugde te dra, omdat Hy dit bo-oor ons geskryf het!


Ons Vrouekonferensie in 2012 is ‘n geleentheid wat die realiteit van hierdie Hóóp gaan uitbeeld.


Jesus het sy liefde arms ook vir jóú persoonlik oopgemaak, sodat jy sy Naam kan dra “in all of your ways and for all of your days†- ongeag wat die naam of name is wat jyself, of die wêreld, oor jou probeer skryf of dalk reeds geskryf het. Kom ontdek hierdie waarheid opnuut, of dalk vir die eerste keer, by hierdie lewensveranderende geleentheid op 9 – 11 Maart 2011.


Die sprekers is Lindie Strydom, Hettie Brittz, Elza Meyer, Ilse Burden, Johan Smith & Stephan Joubert. Die koste beloop R 180 per persoon, en sluit Saterdag middagete in.


NBomteweet_A5_02.jpg